donderdag 24 februari 2011

Filmpjes en een fotoreportage.......

Leeuwen willen een lift:




Jessica, het nijlpaard. Die gaan wij ook een bezoekje brengen...





Hilltop Camp in Hluhluwe. Hier gaan wij ook naartoe:




Oeps..... deze wil je niet tegen komen......


Die olifant kom aangestap.


Eers lyk dit of hy verby die motor gaan stap.


Hy maak gereed om sy tande onder die voertuig in te druk.


Een, twee, drie, hup en daar begin die motor lig.


 Hy kyk na die omgedopte motor in die bosse.


Die motor het op sy dak beland.



Het verhaal van de passagiers.............

‘Ek het nooit gedink dat ek deur ’n olifant doodgemaak sal word nie.”

Dít het Donderdag deur sy gedagtes geflits terwyl ’n olifantbul sy motor met hom en ’n vriendin daarin omgekeer het, het mnr. John Somers van Rustenburg gister gesê.

En dit boonop op sy 66ste verjaardag – en in ’n Volkswagen Passat wat hy net twee weke tevore gekoop het.

Beeld het Saterdag die dramatiese foto’s van die voorval in die Pilanesberg-wildtuin naby Rustenburg gepubliseer.

Somers en sy vrou, Judy, is gereelde besoekers aan die Pilanesberg. Judy, ’n sjef, moes egter Donderdag na ’n vriendin se gastehuis omsien.

Somers en me. Carina Lowers, ’n familievriendin van Johannesburg wat by hulle gekuier het, het besluit om in die wildtuin te gaan ry.

“Toe ek om ’n draai kom, was daar ’n bakkie voor in die pad. Die bestuurder het agteruit begin ry en langs ons stilgehou. Ek is Iers en hy het Afrikaans gepraat, maar ek kon die woord ‘olifant’ uitmaak,” het Somers vertel.

Dit het later geblyk dit is Amarula, een van die groot­ste olifantbulle in die wildtuin.

“Ek het agteruit probeer ry, maar die motor se agterkant was half van die pad af in die sloot langs die pad. Om uit te kom, sou ek vorentoe moes ry.

“Ek was bang om ’n lawaai te maak en het die enjin afgeskakel.

“Ek het nog gedink ek hoop nie die (tweedehandse) voertuig word beskadig nie omdat ons baie probleme met die koop gehad het.”

Die olifant was teen dié tyd by sy motor en het die ruit aan die bestuurderskant gebreek en teen die motor geskuur.

“Dit was behoorlik asof hy die motor vir ’n olifantkoei aansien en toenadering soek. Ek en Carina was baie senuagtig, want ons kon agterkom die olifant is bronstig,” het Somers vertel.

“Toe hy die motor begin omkeer, het my lewe voor my oë verbygeflits.

“Die motor het op sy dak beland. Carina was baie bang en wou uitkruip, maar ek wou eers sien waar die olifant is. Toe ons sien hy stap weg, het ons deur die venster gekruip.

“Daar was ’n gids van Pretoria, ene Pieter, met twee Ita­liaanse toeriste. Hulle het ons baie gehelp.”

By die Pilanesberg-sentrum het ’n dokter en ’n verpleegkundige, albei ook besoekers, na hul beserings – meestal snywonde van die gebreekte ruite, kneusplekke en krapmerke van die doringbosse langs die pad – omgesien.

“Die veldwagters was ook baie behulpsaam.”

Somers het gesê hulle het die afgelope tyd heelwat teëspoed beleef en daarom het hy mooi gedink voordat hy sy vrou gebel het om hulle te kom haal. “My vrou was baie bly om my nog bogronds te sien.”

Volgens mnr. Johnson Maoka, bestuurder van die wildtuin, kan ’n bronstige olifant onvoorspelbaar optree.

Hy beveel aan dat ’n mens nie verby ’n olifant probeer ry nie, maar eerder omdraai en ’n ander roete kies.
(http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-vertel-hoe-Amarula-sy-kar-omgooi-20110221)

Geen opmerkingen:

Een reactie plaatsen